Isaiah 32:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook die hart van die oorhaaste sal kennis verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gereed wees om reguit te spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Selfs die heethoofdiges onder hulle sal kalm raak en verstaan. Die mense wat onseker hakkel, sal gemaklik kan praat. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die hart van die onbedagsames sal leer om te verstaan, en die tong van die hakkelaars sal gou wees om duidelik te spreek; |
| Afrikaans 1983 | Die verstand van onbesonne mense sal kennis kan verwerk en die hakkelaars sal vlot kan praat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die harte van oorhaastiges sal op kennis ag slaan, en die tonge van stamelaars sal vinnig en duidelik praat. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat ongeduldig was en wat nie goed wou luister nie, sal dan luister en verstaan, en die mense wat gehakkel het, sal goed kan praat. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs dié wat ongeduldig en oorhaastig was, sal rustig oor ’n saak dink en gesonde oordeel aan die dag lê. Dié wat onseker was van hulleself en stamelend hulle saak probeer stel het, sal vol vertroue praat en hulle punt maak. |