Isaiah 32:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geseënd is julle wat by al die waters saai, wat die pote van 'n os en 'n esel daarheen uitstuur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | met julle sal dit geseënd gaan. Waar julle ook al saai, sal goeie oeste volg. Julle beeste en donkies sal die wêreld vol wei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop! |
| Afrikaans 1983 | met julle sal dit goed gaan: julle sal saai langs baie waters, julle sal julle beeste en julle donkies vry laat loop. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is julle wat langs al die water saai, julle wat beeste en donkies vrye loop gee. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar met júlle sal dit goed gaan. Dit sal baie reën. Julle sal koring saai en julle beeste en donkies sal oral wei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar God sal sy mense seën. Waar julle saai, sal die oeste geil groei van die baie water. En julle donkies en vee sal los kan loop om op die groen weivelde te wei. |