Isaiah 32:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En 'n mens sal wees soos 'n skuilplek teen die wind en 'n skuilplek teen die storm; soos waterstrome op 'n droë plek, soos die skaduwee van 'n groot rots in 'n moeë land. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy sal Israel beskerm teen die wind en die storm. Hy sal hulle verfris soos ’n rivier in die woestyn en soos die koel skaduwee van ’n groot rots in ’n verlate land. |
| Afrikaans 1933/1953 | En elkeen sal wees soos 'n toevlug teen die wind en 'n skuiling teen die stortreën, soos waterstrome in 'n dor streek, soos die skaduwee van 'n swaar rots in 'n land wat versmag. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sal elkeen soos 'n skerm teen die wind, soos 'n skuiling teen die stortreën wees, soos strome water in 'n dor land, soos die skaduwee van 'n groot rots in 'n kaal wêreld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elkeen van hulle sal daar wees, as 'n skuiling teen die wind, 'n beskutting teen stortbuie, as waterstrome in 'n dor streek, as die skadu van 'n swaar rots in 'n vermoeide land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Elkeen van hulle sal wees soos 'n afdak teen die wind en harde reën. Hulle sal wees soos strome water in 'n droë land, soos die skaduwee van 'n groot rots in 'n land waar dit baie warm is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Net soos ’n sterk skuilplek iemand teen die wind en die storms beskerm, sal hulle die volk beskerm. Hulle sal vir die volk soos ’n stroom koue water in ’n droë land wees en soos die koel skaduwee van ’n groot rots in ’n kaal, onherbergsame land. |