Isaiah 32:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Totdat die Gees uit die hoogte oor ons uitgestort word en die woestyn 'n vrugbare veld en die vrugbare veld vir 'n bos gereken word.
Afrikaans (NLV) 2011 Dit sal so bly totdat die Gees uit die hemel oor ons uitgestort word. Dan word die woestyn ’n vrugbare veld. En die vrugbare veld word ’n welige woud.
Afrikaans 1933/1953 totdat oor ons uitgegiet word die Gees uit die hoogte; dan word die woestyn 'n vrugteboord, en die vrugteboord self word vir 'n bos gereken.
Afrikaans 1983 So sal dit wees totdat die Gees van Bo af op ons uitgestort word. Dan word die woestyn 'n vrugteboord en word die vrugteboord so dig dat dit vir 'n bos aangesien word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) totdat 'n gees van bo af uitgestort word oor ons, totdat 'n woesteny 'n vrugteboord word, en 'n vrugteboord as 'n bos beskou word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal so wees totdat die Gees van Bo op ons kom. Dan sal die woestyn vol vrugtebome wees, en die vrugtebome sal so naby mekaar wees soos die bome in 'n bos.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit sal so bly totdat die Gees van die hemel af op ons uitgestort word. Dan word die wildernis soos ’n vrugteboord en die vrugteboord word so dig dat dit vir ’n bos aangesien word.