Isaiah 32:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Omdat die paleise verlaat sal word; die menigte van die stad sal oorbly; die vestings en torings sal vir ewig vir holtes wees, 'n vreugde van wilde-esels, 'n weiveld van kleinvee; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die paleis en die stad sal verlate lê. Besige dorpe sal leeg wees. Troppe donkies en bokke sal op die heuwels wei waar julle uitkyktorings eers gestaan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die paleis is verlate, die stadsgewoel is in eensaamheid verander; die Heuwel en die Wagtoring dien as spelonke vir ewig, 'n vreugde vir die wilde-esels, 'n weiveld vir die troppe vee -- |
| Afrikaans 1983 | Die paleis lê verlate, die stad wat so bedrywig was, is leeg. Waar Ofel en die wagtoring was, is dit vir altyd net veld waar wildedonkies lustig vreet en troppe vee wei. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, die vesting lê verwaarloos; die rumoer van die stad is verby. Die Ofel en wagtorings word kaal veld vir altyd – 'n vreugde vir wildedonkies; 'n weiveld vir veekuddes; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, daar is niemand in die koning se huis nie, die stad is nie meer vol mense nie. Daar is nou net grotte waar die Ofel voorheen was en die toring waar die wagte gestaan het. Dit sal altyd so wees. Nou loop daar wildedonkies rond en daar wei skape en bokke. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Selfs die paleis is verlate en die stad wat altyd so besig was, is leeg. Waar die wagtoring op die heuwel was, sal dit vir altyd ’n veld wees waar die wildedonkies loop en vreet en die veetroppe wei. |