Isaiah 32:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Oor die land van my volk sal dorings en distels opkom; ja, oor al die huise van vreugde in die vrolike stad; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want julle land sal oorgroei word met dorings en dissels. Julle vrolike huise en gelukkige stede sal weg wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | vanweë die akkers van my volk wat met dorings en distels opskiet, ja, vanweë al die huise van vreugde van die uitgelate stad. |
| Afrikaans 1983 | oor my volk se grond wat oortrek is met dorings en dissels, oor al die huise waarin daar soveel vrolikheid was, oor die stad wat altyd so uitgelate feesgevier het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | oor die grond van my volk. Doringstruike sal daar opkom, ja, waar al die huise vol vreugde, die uitbundige dorp, was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet huil oor die land van my volk, oor die huise waar almal vrolik was, oor die stad waar almal feesgevier het, want dit is vol dorings en bossies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Treur oor my volk se grond wat deur die dorings en onkruid toegegroei word en oor die huise waarin daar soveel vrolikheid was en oor die vrolike stad waarin daar uitbundig feesgevier is. |