Isaiah 32:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sal weeklaag oor die spene, oor die lieflike lande, oor die vrugbare wingerdstok. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Slaan op julle borste van smart. Want julle oorvloedige plase is een van die dae daarmee heen. So ook julle vrugbare wingerde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle slaan op die bors vanweë die begeerlike velde, vanweë die vrugbare wingerdstok; |
| Afrikaans 1983 | slaan julle borste van smart oor die welige landerye, die vrugbare wingerde, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Slaan julleself op die bors oor die pragtige landerye, oor die vrugbare wingerde, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet met julle vuiste op julle bors slaan en huil oor die mooi lande en die vrugbare wingerde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Slaan op julle bors van hartseer oor julle welige landerye en julle vrugbare wingerde wat verwoes is. |