Isaiah 32:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Bewe, geruste vroue; wees verskrik, julle sorgeloses: trek julle uit en maak julle bloot, en gord rouklere om julle lendene. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Bewe, onbesorgde vroue. Raak ontslae van julle onbesorgdheid. Trek uit julle mooi klere. Dra klere van sak oor julle smart. |
| Afrikaans 1933/1953 | Bewe, geruste vroue! Sidder, sorgelose dogters! Trek julle uit, ontbloot julle en gord rougewade om julle lendene. |
| Afrikaans 1983 | Staan maar nou al verskrik, onbesorgdes, begin maar bewe, selfversekerdes! Trek uit julle klere, trek rouklere aan, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Raak aan die bewe, sorgelose vroue! Sidder, julle wat houtgerus is! Trek julle uit, ontklee! Gord rouklere aan julle heupe! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle lewe nou lekker, julle is oor niks bekommerd nie, maar julle moet bang wees en bewe, julle moet julle klere uittrek en julle moet rouklere aantrek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Tot nou toe het julle gemaklik en sorgvry geleef, maar nou het die tyd aangebreek vir julle om te bewe van vrees. Trek uit julle mooi klere en trek vir julle rouklere aan. |