Isaiah 32:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Baie dae en jare sal julle verskrik wees, julle sorgelose vroue, want die oes sal misluk, die insameling sal nie kom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Binnekort, oor bietjie meer as ’n jaar, sal julle wat nou so sorgeloos is skielik iets hê om oor te bewe. Want julle vrugte-oes sal vergaan. Daar sal geen oes wees nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Jaar en 'n paar dae -- en julle sal sidder, sorgelose dogters! Want dit is gedaan met die druiwe-oes, daar sal geen insameling van vrugte kom nie. |
| Afrikaans 1983 | Julle wat nou so selfversekerd is, sal oor iets meer as 'n jaar rede hê om te bewe: daar sal nie druiwe wees om te oes nie, geen vrugte om te pluk nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor net meer as 'n jaar sal julle sidder, julle wat houtgerus is; want die druiweoes is verby, daar kom nie meer 'n insameling nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle lewe nou lekker, maar oor 'n jaar sal julle bewe, want daar sal nie druiwe wees om te pluk nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die oomblik kan julle wel selfversekerd aangaan asof niks julle ooit kan pla nie, maar oor ’n bietjie meer as ’n jaar sal julle beslis bekommerd raak, want daar sal nie druiwe wees om te oes of vrugte om te pluk nie. |