Isaiah 31:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sal uit vrees oorgaan na sy vesting, en sy vorste sal bang wees vir die banier, spreek die HERE, wie se vuur in Sion is en sy oond in Jerusalem.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs hulle bevelvoerders sal van angs rondhardloop. Hulle sal vlug as hulle die vlae sien aankom,” sê die Here wie se vlam helder brand op die altaar in Jerusalem.
Afrikaans 1933/1953 en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.
Afrikaans 1983 Die koning vir wie hulle as hulle rots beskou, sal van angs op die vlug slaan, en hulle leiers sal paniekbevange van die vaandel af padgee, sê die Here ter ere van wie die vuur in Sion brand, ter ere van wie die altaar in Jerusalem rook.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy rots sal vanweë ontsetting vergaan, sy •aanvoerders sal angsbevange wees by die sien van 'n banier. ” Dit is die uitspraak van die Here, wie se vuur in Sion, en wie se oond in Jerusalem is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle beste leiers sal vlug, hulle offisiere sal skrik en weghardloop. Hulle sal hulle vlag daar los. Die Here het dit gesê. Op sy altaar in Sion brand 'n vuur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Assirië se koning op wie hulle al hulle hoop gevestig het, sal paniekbevange op die vlug slaan. Hulle offisiere sal vol vrees van die slagveld af weghardloop en hulle soldate net so in die steek laat. So sê die Here ter ere van wie die vuur op die altaar in Sion vir die offers brand en ter ere van wie die altaar in Jerusalem van die brandoffers rook.