Isaiah 31:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal die Assiriër met die swaard val, nie van 'n held nie; en die swaard, nie van 'n gemene man nie, sal hom verteer; maar hy sal vir die swaard vlug, en sy jongmanne sal verskrik word.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die Assiriërs sal vernietig word, maar nie deur die swaard van mense nie. Die swaard van God sal hulle tref, en hulle sal paniekbevange wegvlug. Hulle jong soldate sal gevang word en slawe gemaak word.
Afrikaans 1933/1953 En Assur sal val deur die swaard, nie van 'n man nie; en die swaard, nie van 'n mens nie, sal hom verteer; en hy sal voor die swaard vlug, en sy jongmanne sal dienspligtig word;
Afrikaans 1983 sal die Assiriërs deur die swaard afgemaai word, maar nie die swaard van 'n mens nie, hulle sal uitgewis word deur die swaard, maar nie die swaard van 'n mens nie. Hulle sal voor die swaard uit moet vlug, en hulle jongmanne sal dwangarbeiders word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Assirië sal val deur die swaard, maar nie dié van 'n man nie; en 'n swaard, nie dié van 'n mens nie, sal hom verteer. Hy sal vir sy lewe vlug voor die swaard, en sy jong manne sal dwangarbeid verrig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Assiriërs sal sterf, maar dit sal nie mense wees wat hulle doodmaak nie. Hulle sal vlug, en hulle jongmanne sal soos slawe moet werk vir die vyande.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Assiriërs doodgemaak word, maar nie met mensgemaakte wapens nie. Nee, hulle sal vlug voor die Here en hulle jongmans sal weggevat word om slawearbeid te gaan verrig.