Isaiah 31:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos voëls wat vlieg, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskerm; ook verdedig hy sal dit red; en hy sal dit bewaar.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sal oor Jerusalem waak soos ’n voël sy nes beskerm. Hy sal dit beskerm en so die stad red. Hy sal daarby verbygaan en dit red.”
Afrikaans 1933/1953 Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
Afrikaans 1983 Soos voëls beskermend oor hulle neste sweef, so sal die Here die Almagtige die skild oor Jerusalem wees; Hy sal beskermend verbykom en so sal Hy red en bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos voëls bo hulle neste hang, so sal die Here, Heerser oor alle magte, Jerusalem beskerm. Hy sal beskerm en uitred, spaar en laat ontkom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Soos 'n voël bokant sy nes vlieg om dit te beskerm, so sal die Here Jerusalem beskerm. Hy is die Here wat oor alles regeer, Hy sal kom, en Hy sal die mense van Jerusalem beskerm en red.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net soos ’n voël heen en weer oor sy nes vlieg om dit te beskerm, so sprei Ek, die Here die Almagtige, my arms oor Jerusalem uit om die stad te beskerm.