Isaiah 31:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want so het die HERE met my gespreek: Soos 'n leeu en 'n jong leeu wat brul oor sy prooi, as 'n menigte herders teen hom uitgeroep word, sal hy vir hulle stem nie bang wees nie en homself nie verneder oor die geraas van hulle nie: so sal die HERE van die leërskare afdaal om te veg vir die berg Sion en vir sy heuwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar die Here het vir my gesê: “’n Leeu, ’n jong leeu lê by sy prooi. Hy steur hom nie aan die veewagters, aan hulle geskreeu en geraas nie. Hy hou aan met vreet. Net so sal die Here, die Almagtige, kom wanneer Hy veg op Sionsberg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want so het die HERE vir my gesê: Soos 'n leeu en 'n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas -- so sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel. |
| Afrikaans 1983 | So het die Here vir my gesê: Soos 'n leeu, 'n maanhaar, by sy prooi lê en grom en hom nie laat afskrik deur die harde geskreeu van veewagters wat teen hom saamgeroep is nie, en hom nie steur aan hulle lawaai nie, so sal die Here die Almagtige, wanneer Hy neerdaal, sy oorlog veg op Sionsberg, op die heuwel waar Sion lê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, so het die Here vir my gesê: “Soos 'n leeu grom, 'n jong leeu by sy prooi – al word 'n hele groep herders teen hom saamgeroep, vir hulle geskreeu word hy nie bang nie, en vir hulle geraas krimp hy nie ineen nie – so sal die Here, Heerser oor alle magte, neerdaal om te veg op die berg Sion, op die Sionsheuwel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir my gesê dat Hy sal afkom na Sionsberg om oorlog te maak op die berg wat aan Hom behoort. Hy is die Here wat oor alles regeer. Hy sal wees soos 'n leeu wat 'n dier gevang het en wat by die dier lê en brul. Die leeu skrik nie wanneer 'n klomp skaapwagters kom en raas en skree nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir my gesê: Soos ’n leeu of ’n jong leeu, nadat hy ’n skaap gevang het, lê en grom om dit op te pas en hom nie steur aan die geraas van die groep skaapwagters wat hom probeer verjaag nie, net so laat die Here niemand toe om te probeer vat wat aan Hom behoort nie. Daar is niks wat die Here die Almagtige kan keer om te kom en op die berg Sion te kom veg vir wat Syne is nie. |