Isaiah 31:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die Egiptenaars is mense en nie God nie; en hulle perde vlees en nie gees nie. As die HERE sy hand uitsteek, sal die wat help, val, en die wat geholpe is, val, en almal saam sal hulle misluk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want hierdie Egiptenaars is maar net mense. Hulle is nie God nie! Hulle perde is maar net van vleis. Hulle is nie gees nie! As die Here sy hand uitsteek, val sowel helper as die een wat gehelp word. Saam sal hulle sterf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die HERE sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde. |
| Afrikaans 1983 | Die Egiptenaars is mense, hulle is nie gode nie, en hulle perde is maar net perde, nie bonatuurlike wesens nie. As die Here sy hand uitsteek, val die helper én die een wat gehelp word en gaan hulle saam onder. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Egiptenare is mense, nie God nie; hulle perde is vlees en nie gees nie. En die Here – as Hy sy hand uitstrek, struikel die helper, val dié een wat gehelp word; saam gaan hulle almal tot niet. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Egiptenaars is mense, nie gode nie, en hulle perde is diere, nie geeste nie. Wanneer die Here sy hand uitsteek om hulle te straf, dan sal die mense val wat moet help, en die mense wat gevra het dat hulle moet help, sal ook val. Hulle sal saam sterf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Egiptenaars is mense, beslis nie gode nie, en hulle perde is vlees en bloed, beslis nie bonatuurlike wesens nie. Wanneer die Here sy arm optel en hulle klap, val hulle om soos ’n veertjie; die arme swakker nasie wat op hulle vertrou het, word deur dieselfde lot getref. Hulle sal saam vernietig word. |