Isaiah 31:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy is ook wys en sal onheil bring en sy woorde nie terugroep nie; maar hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die hulp van die wat onreg doen.
Afrikaans (NLV) 2011 In sy groot wysheid stuur Hy rampe. Hy verander nie van gedagte nie. Hy tree op teen die volk wat bose dinge doen en verpletter ook hulle bondgenote.
Afrikaans 1933/1953 Nogtans is Hy ook wys, en Hy laat die onheil kom en trek sy woorde nie terug nie: Hy sal opstaan teen die huis van die kwaaddoeners en teen die helpers van die wat ongeregtigheid werk.
Afrikaans 1983 Hý is die Een wat wysheid het; daarom het Hy 'n ramp laat losbreek en het Hy nie afgesien van wat Hy gesê het nie: Hy tree op teen die volk wat altyd verkeerd doen én teen die volk wat hulp verleen aan dié wat onreg doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar ook Hy is wys, en Hy bring onheil; sy woorde herroep Hy nie. Hy sal optree teen 'n huis van boosdoeners, en teen die hulp van hulle wat onreg pleeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het ook wysheid, nie net die Egiptenaars nie. Die Here het sy volk gestraf, Hy het gedoen wat Hy gesê het, en nou sal Hy hierdie mense straf wat so verkeerd doen. Hy sal nie sê dat die slegte Egiptenaars hulle mag help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here is tog die Een wat weet wat Hy doen. Dit is Hy wat die rampe stuur. Niks laat Hom van plan verander nie. Hy sal die kwaaddoeners en hulle bondgenote saam straf.