Isaiah 31:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp; en bly op perde, en vertrou op strydwaens, want hulle is baie; en by ruiters, omdat hulle baie sterk is; maar hulle kyk nie na die Heilige van Israel nie en soek die HERE nie!
Afrikaans (NLV) 2011 Verwoesting wag verseker vir enigeen wat na Egipte kyk vir hulp. Hulle vertrou op Egipte met sy baie perde en sterk ruiters. Pleks dat hulle vertrou op die Heilige van Israel. Pleks dat hulle vra wat Hy wil hê.
Afrikaans 1933/1953 Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die HERE nie.
Afrikaans 1983 Ellende wag vir dié wat by Egipte hulp gaan vra; hulle verlaat hulle op perde, hulle is vol vertroue as daar baie strydwaens is, as hulle oor 'n menigte ruiters kan beskik; maar op die Heilige van Israel vertrou hulle nie, na die wil van die Here vra hulle nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wee hulle wat na Egipte afgaan vir hulp, wat op perde staatmaak, hulle vertroue plaas op strydwaens, omdat daar baie is, en op perderuiters, omdat hulle besonder talryk is. Maar hulle sien nie op na die Heilige van Israel nie; hulle raadpleeg nie die Here nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal sleg gaan met die Israeliete. Hulle vra dat die Egiptenaars hulle moet help. Hulle dink perde kan hulle help, hulle dink baie oorlogkarre en soldate op perde sal hulle beskerm. Hulle vra nie dat die Heilige God van Israel hulle moet help nie, hulle bid nie tot Hom nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar wag swaarkry op dié wat by Egipte hulp gaan soek. Hulle maak staat op Egipte se geweldige militêre mag; op hulle soldate en hulle strydwaens. In plaas daarvan om op die heilige God van Israel te vertrou is dit waar hulle vertroue lê.