Isaiah 30:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan nou, skryf dit voor hulle op 'n tafel en teken dit in 'n boek, dat dit vir die tyd kan wees vir ewig en altyd. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gaan sit nou en skryf hierdie woorde neer oor Egipte. Dit sal vir altyd vertel van Israel se ongeloof. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gaan nou in, skryf dit op 'n tafel in hulle teenwoordigheid en teken dit op in 'n boek, dat dit kan bly vir later dae, vir altyd, tot in ewigheid. |
| Afrikaans 1983 | Gaan skryf dit nou op waar Juda by is, teken dit aan dat dit altyd teen hulle kan getuig in die dae wat kom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Gaan nou, skryf dit, waar hulle by is, op 'n skryftablet, pen dit neer in 'n boekrol, sodat dit vir 'n dag in die toekoms, as 'n getuienis vir altyd, daar sal wees! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet dit nou in 'n boek gaan skryf en die mense van Juda moet dit sien. Jy moet dit alles skryf, sodat mense dit later kan lees en almal kan weet wat die mense van Juda gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gaan skryf hierdie woorde op waar Juda by is en bewaar dit veilig sodat dit ’n getuienis teen hulle kan wees in die toekoms, |