Isaiah 30:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Tofet is van ouds af aangestel; ja, vir die koning is dit berei; hy het dit diep en groot gemaak; sy stapel is vuur en baie hout; die asem van die HERE, soos 'n stroom swawel, steek dit aan die brand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die brandoond is lankal klaar vir die Assiriese koning. ’n Groot hoop hout is reggesit daarvoor. Die asem van die Here sal dit aan die brand steek soos die vuur van ’n vulkaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek. |
| Afrikaans 1983 | Daar is 'n brandoond gereed gemaak, lank gelede al; dit is diep en wyd en bedoel vir die koning van Assirië. Daar is 'n groot hoop brandhout in en die asem van die Here steek dit aan die brand soos 'n stroom swael. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, 'n brandstapel is lankal reeds gepak; dit is ook vir die koning gereedgemaak – diep en wyd – 'n stapel, met vuur en hout in oorvloed; die asem van die Here brand soos 'n stroom swawel daarin. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het lank gelede die hout reggepak om 'n vuur te maak. Dit is 'n groot vuur met baie hout. Die vuur sal die koning van Assirië verbrand. Die asem van die Here is soos 'n stroom swael, dit sal die vuur aan die brand steek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het reeds ’n groot brandstapel vir die koning van Assirië gereedgemaak. Dit is ’n wye, diep vuurmaakplek met groot stapels hout sodat dit goed kan brand. Die Here sal dit met sy asem wat soos ’n vulkaan uitbars, aan die brand steek. |