Isaiah 30:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En op elke plek waar die gegronde staf verbygaan wat die HERE op hom sal lê, sal dit wees met tromme en siters; en in veldslae van bewing sal Hy daarmee veg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | En wanneer Hy hulle slaan met sy roede, sal sy volk tydhou met musiek van simbale en liere. Die Here self sal teen hulle veg met sy magtige arm. |
| Afrikaans 1933/1953 | en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met 'n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg. |
| Afrikaans 1983 | en elke keer wanneer die slae op Assirië afkom en hom tref, sal die simbale en die liere weerklink. Die Here sal self teen Assirië veg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elke hou van die staf wat straf, wat die Here op hom laat neerkom, sal onder tamboeryn- en lierspel plaasvind. Met sy oorlogstuig sal Hy met opgeligte hand teen die land veg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En elke maal wanneer die Here hulle straf, sal julle op die tamboeryne en die liere speel. Die Here sal oorlog maak teen Assirië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | En die Here se volk sal met simbale en harpe tyd hou van elke hou waarmee die Here hulle slaan. |