Isaiah 30:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want deur die stem van die HERE sal die Assiriër verslaan word wat met 'n stok geslaan het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die stem van die Here sal Assirië verpletter. Met sy septer sal Hy hulle platslaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want vir die stem van die HERE sal Assur verskrik wees; met die stok sal Hy slaan, |
| Afrikaans 1983 | Assirië sal sidder vir die stem van die Here wanneer Hy begin slaan, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, vanweë die stem van die Here sal Assirië verskrik wees – met 'n stok sal Hy hom slaan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, die Assiriërs sal bewe wanneer die Here praat, wanneer Hy begin om hulle te straf. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Assiriërs sal doodbang wees as hulle die Here se stem hoor en die mag van sy woede ervaar. |