Isaiah 30:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal die sterkte van Farao julle skande wees, en die vertroue op die skaduwee van Egipte julle skande. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Deur op die farao te vertrou, sal julle verneder word. Egipte gaan julle in die skande steek! |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die beskutting van Farao sal julle tot skande wees, en die skuiling in die skaduwee van Egipte tot smaadheid. |
| Afrikaans 1983 | maar hulle sal teleurgestel staan met die farao se mag en al, die beskerming deur Egipte sal hulle niks baat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vir julle sal die farao se toevlugsoord tot skande strek, en die skuilgaan in die skadu van Egipte sal tot vernedering lei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle sal teleurgesteld wees wanneer die farao julle beskerm. Dit sal vir julle niks help nie, Egipte kan julle nie beskerm nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar daardie hoop gaan op niks anders as vernedering vir hulle uitloop nie. |