Isaiah 30:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle sal 'n lied hê soos in die nag wanneer 'n heilige plegtigheid gehou word; en blydskap van hart, soos wanneer 'n mens met 'n pyp gaan om op die berg van die HERE te kom, na die Magtige van Israel.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar julle sal sing, van blydskap soos wanneer julle feesvier. Julle sal so bly wees soos wanneer ’n fluitspeler ’n groep pelgrims begelei na Jerusalem, op pad na die berg van die Here, na die Rots van Israel.
Afrikaans 1933/1953 Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van Israel.
Afrikaans 1983 Maar julle sal sing soos in die nag voor 'n fees, julle sal vrolik wees soos wanneer mense met fluitspel begin loop na die berg van die Here toe, na die Rots van Israel toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir julle sal daar sang wees soos in die nag van heiliging voor 'n fees – met vreugde in die hart soos in 'n optog met fluite, op pad na die berg van die Here, na die Rots van Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Jerusalem, dan sal julle sing, julle sal sing soos wanneer julle feesvier in die nag. Julle sal sing soos wanneer julle die fluit speel en na die berg van die Here gaan, na die Rots van Israel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar julle sal sing soos in die nag voor een van die heilige feeste. Julle sal bly wees soos wanneer ’n fluitspeler die groep pelgrims na Jerusalem, na die berg van die Here toe lei; Hy, die Beskermer van Israel.