Isaiah 30:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En sy asem, soos 'n stroom wat oorloop, sal tot in die middel van die nek reik, om die nasies te sif met 'n sif van nietigheid; en daar sal 'n toom wees in die kakebeen van die volke wat hulle laat dwaal.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy woede kom soos vloedwater oor sy vyand. Hy voer hulle weg en sif die trotse nasies. Hy gaan ’n toom aan hulle sit en hulle weglei om hulle te vernietig.
Afrikaans 1933/1953 en sy asem soos 'n oorlopende stroom wat tot by die nek kom -- om nasies te sif met 'n sif van vernietiging; en 'n toom wat verkeerd stuur, is in die kakebene van die volke.
Afrikaans 1983 Sy asem is 'n siedende stroom wat mense meesleur. Hy kom om die nasies te sif in 'n fyn sif, om vir hulle 'n toom aan te sit en hulle weg te lei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy asem is soos 'n stroom in vloed – tot by die nek reik dit. Hy is daarop uit om nasies te skud in die sif van vernietiging. Hy sit teuels wat mislei aan die kake van volke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy asem is soos 'n sterk stroom water, dit is so diep dat dit tot by 'n mens se nek kom. Hy sal die ander volke straf, Hy sal hulle sif met 'n fyn sif, Hy sal vir hulle 'n toom aansit en Hy sal hulle laat verdwaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy asem is soos ’n diep stroom water wat tot by jou nek kom en jou saamsleep. Hy kom om die nasies uit te sif soos ’n mens meel sif. Hy neem hulle gevange en vat hulle waarheen Hy wil, net soos ’n mens met ’n perd maak waarvoor jy ’n toom aangesit het: hy moet loop net waarheen jy hom lei.