Isaiah 30:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, brand van sy toorn, en sy las is swaar; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk! Die Here kom uit die verte. Sy woede breek los, omring deur donker wolke soos rook. Sy lippe is vol wraak. Sy woorde verteer soos vuur.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur,
Afrikaans 1983 Die Here verskyn uit die verte; sy toorn breek los, onweer dreig; as Hy praat, is dit vol gramskap, sy woorde is vlamme van vuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die Naam van die Here kom van ver, sy toorn brand, dit laai op. Sy lippe is vol vervloeking, sy tong 'n verterende vuur.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk, die Here kom van ver. Hy is baie kwaad. Wanneer Hy praat, dan is dit soos 'n vuur wat brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Kyk, die Here kom van ver af. Hy is woedend kwaad. As Hy praat, is sy woorde soos weerligstrale wat vuur en rook uit die grond slaan.