Isaiah 30:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder sal die lig van die maan wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag dat die HERE die skeuring van sy volk verbind en die beroerte genees van hul wond.
Afrikaans (NLV) 2011 Die maan sal so skerp wees soos die son. En die son sal sewe keer helderder wees. Dit sal lyk soos die son van sewe dae. So sal dit wees die dag wanneer die Here sy volk begin genees en die seerplekke verbind waar Hy hulle geslaan het.
Afrikaans 1933/1953 En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
Afrikaans 1983 Dié dag wanneer die Here die wonde van sy volk verbind en die seerplekke genees waar Hy hulle geslaan het, sal die maan so helder skyn as die son en die son sewe maal so helder as die lig van sewe dae saam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die lig van die volmaan sal wees soos die lig van die helder son, en die lig van die helder son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag wanneer die Here die gebreekte plekke van sy volk verbind, en die wonde wat Hy toegedien het, genees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) dan sal die lig van die maan helder skyn soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewe maal sterker skyn. Die lig sal so sterk wees soos die lig van sewe dae saam. Dan sal die Here die seerplekke van sy volk toedraai en Hy sal die kneusplekke gesond maak, die plekke waar Hy hulle geslaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die maan net so helder soos die son skyn en die son sal sewe keer skerper as gewoonlik wees, byna asof al die sonlig van sewe dae bymekaargesit is op een dag. Dit is hoe dit sal lyk op dié dag wanneer die Here sy volk se stukkende plekke verbind en die wonde wat Hy hulle toegedien het, weer gesond maak.