Isaiah 30:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal op elke hoë berg en op elke hoë heuwel riviere en waterstrome wees op die dag van die groot slagting, wanneer die torings val.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal jou vyande vernietig word. Hulle torings sal omgegooi word. Daar sal strome waters wees wat van elke berg en heuwel af kom.
Afrikaans 1933/1953 en op elke hoë berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees, waterlope, op die dag van die groot slagting as die torings val.
Afrikaans 1983 Dié dag wanneer die vyand by die duisend sal sneuwel en wanneer die torings omval, sal daar op elke hoë berg, elke hoë heuwel, spruite vol water wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op elke hoë berg en elke verhewe heuwel sal daar leivore, watervore, wees, op die dag van die groot slagting wanneer torings val.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Op elke hoë berg, elke hoë heuwel, sal daar waterstrome wees. Die Here sal al sy vyande doodmaak. Daardie dag wanneer die torings in die mure van hulle stede omval,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die dag as julle vyande verslaan en hulle forte vernietig word, sal daar strome water van elke heuwel en berg af vloei.