Isaiah 30:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Net so moet die osse en die jong esels wat die grond afspaar, rein voer eet wat met die graaf en met die waaier uitgewen is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die beeste en die donkies wat die grond omploeg, sal die beste graan vreet wat met graaf en gaffel gemeng is. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die osse en die esels wat die grond bewerk, sal voer met sout eet, wat uitgewan is met skop en gaffel; |
| Afrikaans 1983 | Die beeste en die donkies waarmee jy die grond bewerk, sal kragvoer kry om te vreet wat met graaf en gaffel gemeng is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die beeste en donkiehingste wat die grond bewerk, sal goeie voer eet, voer wat uitgewan is met 'n houtgraaf en gaffel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle beeste en donkies wat op die koringland werk, sal kos vreet wat julle in water sag gemaak het, kos wat julle met 'n graaf en 'n vurk gemeng het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die osse en die donkies wat julle gebruik om mee te ploeg sal goeie kos kry wat spesiaal vir hulle voorberei is. |