Isaiah 30:23 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal hy die reën van jou saad gee, dat jy die grond daarmee kan saai; en brood van die opbrings van die aarde, en dit sal vet en oorvloedig wees; in dié dag sal jou vee wei in groot weivelde.
Afrikaans (NLV) 2011 Dan sal die Here jou seën. Jy sal genoeg reën kry wanneer jy plant. Daar sal groot oeste wees en baie weiveld vir jou vee.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal Hy reën gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in die dag wei op 'n uitgestrekte weiveld;
Afrikaans 1983 Dan sal die Here reën gee op die saad wat jy in die land gesaai het, en sal jou grond kos vir jou lewer wat ryk en voedsaam sal wees. Jou kleinvee sal wei in uitgestrekte grasveld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy sal reën gee vir jou saad wat jy in die grond saai, en die opbrengs van die grond sal voedsel wees – dit sal geil en vet wees. Jy sal jou vee op daardie dag laat wei – 'n uitgestrekte weiveld.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sal reën gee wanneer julle saad in die grond saai, en die koring sal goed groei in die grond, die koringkorrels sal gesond en vet wees. Julle skape en bokke sal baie plek hê om te wei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal die Here julle in die planttyd met genoeg reën seën sodat julle wonderlike oeste sal hê. Daar sal volop weiding vir julle vee wees.