Isaiah 30:22 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle moet die bedekking van jou gesnede beelde van silwer en die versiering van jou gegote beelde van goud verontreinig; jy moet daarvoor sê: Gaan weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal jy al jou silwer afgode en goue beelde stukkend slaan. Jy sal hulle weggooi soos smerige klere. “Aaklig!” sal jy sê. “Weg daarmee!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle sal verontreinig die oortreksel van jou gesnede beelde van silwer en die beslag van jou gegote beeld van goud; jy sal dit weggooi soos iets wat besoedel is. Weg daarmee! sal jy daarvan sê. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal jy besef dat jou afgode, jou beelde wat jy met silwer en goud oorgetrek het, onrein goed is, en jy sal hulle weggooi soos 'n mens 'n smerige lap weggooi; jy sal sê: “Weg met hulle!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal julle die plaatwerk van julle silwerafgodsbeelde, en die bedekking van julle vergulde gegote beelde onrein verklaar. Julle sal dit weggooi as iets wat besoedel is. “Gemors!” sal jy daarvoor sê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal julle weet dat die beelde onrein is, die beelde van afgode wat julle oorgetrek het met silwer en goud. Julle sal hulle weggooi soos vuil lappe en julle sal sê: “Ons wil hulle nie weer sien nie!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal julle van al julle vuil goue en silwer afgode ontslae raak. Julle sal hulle soos ou, vuil lappe weggooi en sê: “Sies, ons wil die goed nie weer sien nie!” |