Isaiah 30:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En al gee die HERE julle die brood van benoudheid en die water van ellende, tog sal jou leraars nie meer in 'n hoek wankel nie, maar jou oë sal jou leraars sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het jou brood van swaarkry laat eet en water van lyding laat drink. Maar Hy sal nog by jou wees om jou te leer. Jy sal Hom met jou eie oë sien, die Een wat jou leer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie -- maar jou oë sal jou leraars sien; |
| Afrikaans 1983 | Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My Heer sal vir julle brood van kommer en water van verdrukking gee. Maar dan sal julle Groot Leermeester Hom nie meer vir julle verberg nie; julle eie oë sal julle Groot Leermeester sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het julle laat swaarkry, maar Hy sal nou by julle wees. Hy sal vir julle leer wat om te doen, en julle sal Hom sien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al het die Here vir julle verdrukking vir kos en swaarkry vir water gegee, sal julle sien dat Hy nog steeds bereid is om julle te leer. |