Isaiah 30:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat wandel om na Egipte af te gaan, en nie na my mond gevra het nie; om hulle te versterk in die sterkte van Farao en om op die skaduwee van Egipte te vertrou! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sonder om My te raadpleeg gaan julle Egipte toe om hulp te soek. Julle stel julle vertroue in die farao. Hy moet julle beskerm! |
| Afrikaans 1933/1953 | wat gaan om na Egipte af te trek, en hulle raadpleeg my mond nie, om toevlug te soek onder die beskutting van Farao en om te skuil in die skaduwee van Egipte. |
| Afrikaans 1983 | Hulle gaan af na Egipte toe sonder om My te raadpleeg, hulle gaan soek steun by die mag van die farao, hulle wil beskerming by Egipte hê, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit is hulle wat aanhou om na Egipte af te gaan, maar na my wil vra hulle nie – om toevlug te soek in die toevlugsoord van die farao, om te skuil in die skadu van Egipte! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle vra nie vir My wat julle moet doen nie, maar julle gaan na Egipte en julle vra vir die farao dat hy julle moet beskerm. Julle dink julle sal veilig wees wanneer Egipte julle beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle stuur afvaardigings Egipte toe, sonder om My te raadpleeg, om daar hulp te gaan vra. Hulle stel hulle vertroue in die farao met die hoop dat hy hulle sal beskerm. |