Isaiah 30:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Duisend sal vlug vir die teregwysing van een; vir die bestraffing van vyf sal julle vlug, totdat julle oorbly soos 'n baken op die top van 'n berg en soos 'n banier op 'n heuwel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Een van hulle sal duisend van julle jaag. En vyf van hulle sal julle almal laat wegvlug. Julle sal bly staan soos ’n enkele vlagpaal op ’n berg, soos ’n vaandel op ’n heuwel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Een duisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos 'n vlagpaal op 'n bergtop en soos 'n banier op 'n heuwel. |
| Afrikaans 1983 | Duisend van julle sal vlug as één julle bedreig, en as vyf julle bedreig, sal julle aanhou vlug totdat die paar wat van julle oorbly, soos 'n eensame vlagpaal op 'n berg, soos 'n enkele vaandel op 'n heuwel sal wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Eenduisend van julle sal vir die dreigement van een vlug; vir die dreigement van vyf sal julle vlug, totdat daar van julle soveel oorbly soos 'n vaandel op die kruin van 'n berg, soos 'n banier op 'n heuwel.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Duisend van julle sal vlug vir een van die vyand se manne, en as daar vyf van die vyand se manne kom, dan sal julle aanhou vlug totdat net 'n paar van julle oorbly. Julle sal wees soos 'n paal of soos 'n vlag wat alleen bo-op 'n berg staan.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Een van hulle soldate sal duisend van julle op die vlug laat slaan. Net vyf van hulle is genoeg om julle almal te laat weghardloop. Daar sal nie veel van julle leër oorbly nie, en die klompie wat wel oorbly, sal so verlate wees soos ’n enkele vlagpaal wat bo-op ’n berg staan. |