Isaiah 30:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar julle het gesê: Nee; want ons sal op perde vlug; daarom sal julle vlug, en: Ons sal op die vinniges ry; daarom sal die wat jou agtervolg haastig wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle het gesê: ‘Nee, ons hulp kom van Egipte. Hulle gee ons vinnige perde om mee te veg.’ Nou, dan sal julle vinnig ry. Maar julle agtervolgers sal vinniger wees! |
| Afrikaans 1933/1953 | en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg -- daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry -- daarom sal julle vervolgers laat jaag! |
| Afrikaans 1983 | julle het gesê: “Nee, ons sal op perde wegjaag, ons sal vinnige perde ry.” Dan sál julle vlug, maar julle agtervolgers sal vinniger wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Julle sê, ‘Nee, maar op perde sal ons vlug’ – daarom sál julle vlug – ‘op vinniges sal ons ry’ – daarom sál julle agtervolgers wys hoe vinnig hulle is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het gesê: ‘Nee, ons vlug op perde, ons sal op vinnige perde ry.’ Daarom sál julle vlug, maar die mense wat vir julle wil vang, sal vinniger as julle ry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nee wat,” het julle gesê, “Egipte sal ons help. Hulle sal vir ons vinnige perde gee waarmee ons kan wegjaag.” Dit is waar: julle sal moet wegjaag met julle vinnige perde, want julle vyande sal nog vinniger perde hê. |