Isaiah 30:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy moet dit breek soos die breek van die pottebakkersvoorwerp wat stukkend gebreek word; hy sal nie spaar nie, sodat daar in sy bars geen skerf gevind sal word om vuur uit die vuurherd te haal of om water uit die put te haal nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle sal soos ’n kleipot stukkend breek. Julle sal so fyn gebreek word dat daar nie eers ’n stukkie sal oorbly wat groot genoeg is dat ’n mens ’n kooltjie daarop kan dra, of water van die put kan skep nie.”
Afrikaans 1933/1953 Ja, Hy sal dit verbreek soos die kruik van 'n pottebakker verbreek word, wat sonder verskoning stukkend geslaan word, sodat by die brokstukke daarvan geen skerf gevind word om vuur uit die vuurherd te gaan haal of om water uit die kuil te skep nie.
Afrikaans 1983 en in stukke spat soos 'n groot kleipot wat meedoënloos fyn geslaan word sodat daar onder al sy skerwe nie een oor is om mee kole uit 'n vuurmaakplek te krap of water uit 'n opgaarput te skep nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal gebreek word soos 'n pottebakkerskruik breek – dit word genadeloos stukkend geslaan, sodat tussen die stukkies geen potskerf gevind kan word om kole uit die vuurmaakplek te haal of water uit 'n kuil te skep nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en stukkend breek soos 'n kleipot wanneer iemand die pot stukkend slaan. Daar sal nie een stuk van die pot oorbly om kole uit 'n vuur te krap, of om water uit 'n dam te skep nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle sal vernietig word net soos ’n kleipot wat fyn en flenters gebreek word totdat daar nie eers ’n groot genoeg potskerf oorbly waarmee ’n mens ’n paar kooltjies uit die vuur kan skep of selfs ’n bietjie water uit ’n put kan skep nie.”