Isaiah 30:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom sal hierdie ongeregtigheid vir julle wees soos 'n breuk wat gereed is om te val, wat opswel in 'n hoë muur, waarvan die verbreking skielik in 'n oomblik kom.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom sal rampe skielik oor julle kom. Dit sal wees soos ’n muur wat oorhang en dreig om om te val. En dan skielik, onverwags, sal dit inmekaarstort.
Afrikaans 1933/1953 daarom sal hierdie skuld vir julle wees soos 'n los stuk wat wil val, wat oorhang in 'n hoë muur, waarvan die instorting heeltemal onverwags kom.
Afrikaans 1983 Daarom word hierdie sonde vir julle 'n hoë stuk muur wat oorhang en dreig om te val en dan skielik, onverwags inmekaarstort
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) daarom sal hierdie sondeskuld vir julle wees soos die bres in 'n hoë muur wat oorhel om te val, waarvan die ineenstorting skielik, onverwags, sal kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sal hierdie sonde word soos 'n stukkende plek in 'n hoë muur wat nie regop is nie. Die muur sal skielik omval
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hierdie sonde is vir julle net so gevaarlik soos ’n stadsmuur wat begin oorhang het na die een kant toe: dit val in ’n oogwink en sonder waarskuwing om.