Isaiah 30:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | wat vir die sieners sê: Sien nie; en aan die profete: Profeteer vir ons nie regte dinge nie, spreek gladde dinge tot ons, profeteer bedrog. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle sê vir die sieners: “Bly stil, ons wil niks meer hoor van wat julle sien nie!” En vir die profete sê hulle: “Ons wil nie die waarheid hoor nie! Sê vir ons wat ons wil hoor, dat goeie dinge met ons gaan gebeur. Vertel vir ons leuens! |
| Afrikaans 1933/1953 | wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry; |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê vir die sieners: “Moenie gesigte sien nie!” Hulle sê vir dié wat gesigte sien: “Moenie gesigte sien oor wat ons moet doen nie, vlei ons liewer, sien liewer dinge wat ons mislei! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | wat vir die sieners sê, ‘Julle mag nie sien nie!’ vir dié wat visioene sien, ‘Julle mag nie vir ons visioene sien wat reg is nie! Vertel vir ons vleiende dinge; sien bedrieglike visioene! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sê vir die profete: “Julle moenie kyk wanneer die Here vir julle wys wat sal gebeur nie. Julle moenie luister wanneer Hy sê wat reg is nie. Julle moet vir ons dinge sê wat ons graag wil hoor, dit maak nie saak of dit nie waar is nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir die profete en die sieners sê hulle: “Ons wil niks van julle visioene weet nie. Moenie julle vir ons wil kom vertel wat reg is nie. Kom vertel ons liewer wat ons wil hoor, al is dit nie wat die Here vir julle gesê het nie. |