Isaiah 30:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat raad hou, maar nie uit My nie; en dit bedek met 'n bedekking, maar nie van my gees nie, sodat hulle sonde by sonde kan voeg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Verwoesting staan vas vir my opstandige kinders,” sê die Here. “Julle maak planne wat nie van My kom nie. Julle smee vennootskappe wat nie deur My geïnspireer is nie. Julle stapel sonde op sonde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel; |
| Afrikaans 1983 | Ellende wag vir die rebelse mense wat planne uitvoer wat nie van My af kom nie, sê die Here, dié wat verdrae sluit wat nie volgens my wil is nie en so sonde op sonde stapel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Wee die koppige kinders!” is die uitspraak van die Here, “hulle wat daarop uit is om planne uit te voer, maar sonder My, om verdrae te sluit, maar nie volgens my Gees nie – om so sonde by sonde te voeg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Dit sal sleg gaan met julle. Julle is soos ongehoorsame kinders. Julle maak planne en ooreenkomste maar Ek het nie gesê julle moet dit doen nie. Julle doen meer en meer sonde. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar wag swaarkry op my opstandige kinders, sê die Here, want hulle maak planne wat nie van My af kom nie en voer dit uit. Hulle sluit verdrae wat nie volgens my wil is nie en daardeur stapel hulle hulle sonde al hoër op. |