Isaiah 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vertoning van hulle aangesig getuig teen hulle; en hulle verklaar hulle sonde soos Sodom, hulle verberg dit nie. Wee hulle siel! want hulle het hulleself kwaad vergeld.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle gesigte gee hulle al weg dat hulle skuldig is. Hulle sondig openlik soos die mense van Sodom. Hulle steek dit nie eens weg nie. Hulle het hulle eie ondergang bewerkstellig!
Afrikaans 1933/1953 Die uitdrukking van hulle gesig getuig teen hulle, en hul sonde maak hulle bekend, soos Sodom, sonder om iets weg te steek. Wee oor hulle siel, want hulle doen hulself kwaad aan!
Afrikaans 1983 Hulle partydigheid in die regspraak getuig teen hulle. Hulle sondig openlik soos Sodom, hulle steek niks weg nie. Ellende wag vir hulle, hulle het die ramp verdien!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle vooroordeel getuig teen hulle; en hulle sonde – soos Sodom maak hulle dit bekend, en steek dit nie weg nie. Wee hulle! Want hulle doen hulleself kwaad aan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) In die poort doen hulle nie reg aan die arm mense nie, en hulle maak soos die mense van Sodom. Hulle is nie skaam oor hulle sonde nie. Dit sal sleg gaan met hulle, hulle hou aan om sonde te doen totdat die Here hulle straf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle gesigsuitdrukkings verraai hulle, hulle is skaamteloos bevooroordeeld. Hulle doen openlik sonde net soos Sodom, hulle probeer dit nie eers wegsteek nie. Daar wag geweldige swaarkry op hulle, maar hulle het dit oor hulleself gebring.