Isaiah 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Jerusalem is verwoes en Juda het geval, omdat hulle tong en hulle handelinge teen die HERE is om die oë van sy heerlikheid te terg.
Afrikaans (NLV) 2011 Van Juda en Jerusalem sal net ruïnes oorbly omdat hulle met woord en daad die Here teenstaan en hulle nie steur aan sy heerlike teenwoordigheid nie.
Afrikaans 1933/1953 Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.
Afrikaans 1983 Jerusalem het gewaggel, Juda het in duie gestort omdat hulle hulle met woord en daad teen die Here en teen sy gesag verset het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval. Hulle tonge en hulle dade was teen die Here gerig, om sy blik, wat eerbied inboesem, uit te daag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, Jerusalem is nou 'n hoop klippe, en die land Juda is verwoes, want alles wat die mense sê en doen, is téén die Here. Hulle wil nie luister na die Here nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jerusalem waggel soos iemand wat op sy laaste bene is en Juda het in duie gestort omdat hulle in woord en daad teen die Here in opstand gekom het en geweier het om sy gesag te aanvaar.