Isaiah 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volke sal verdruk word, elkeen deur die ander en elkeen deur sy naaste; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mense sal mekaar inloop — man teen man en vriend teen vriend. Jongmense sal teen gesag in opstand kom, en veragtes sal op eerbare mense neersien. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die mense sal mekaar verdruk, man teen man, en die een teen die ander; die seun sal die grysaard, die veragtelike sal die agbare stormloop. |
| Afrikaans 1983 | Die volk sal mekaar te lyf gaan, man teen man, vriend teen vriend; seuns sal grysaards te lyf gaan, en dié wat nie gesag het nie, die vooraanstaandes. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die mense sal mekaar vertrap – die een die ander, elkeen sy medemens. 'n Jong man sal 'n ou man aanval, en 'n nikswerd 'n geëerde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal die mense met mekaar begin baklei. Die jongmense sal parmantig wees met die oumense, en die onbelangrike mense sal parmantig wees met die belangrike mense. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense sal mekaar uitbuit en benadeel. Kinders sal nie respek hê vir volwassenes of hulle gesag aanvaar nie. Nikswerd, oneerlike mense sal die eerbare mense uitlag. |