Isaiah 3:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in plaas van soet reuk sal daar stank wees; en in plaas van 'n gordel 'n skeur; en in plaas van goed gesette hare kaalheid; en in plaas van 'n maagder 'n omgord van rouklere; en brand in plaas van skoonheid.
Afrikaans (NLV) 2011 In plaas daarvan dat hulle na reukwater ruik, sal hulle stink. Hulle sal toue vir gordels dra, en hulle mooi gekamde hare sal uitval en bles word. In die plek van hulle mooi klere sal hulle ’n roukleed dra. In die plek van hulle skoonheid sal hulle die brandmerk dra van ’n slaaf.
Afrikaans 1933/1953 Dan sal daar in plaas van balsemgeur mufheid wees, en in plaas van 'n gordel 'n tou, en in plaas van gevlegte hare kaalheid, en in plaas van 'n pronkgewaad 'n roukleed, brandmerk in plaas van skoonheid.
Afrikaans 1983 In plaas van reukwater sal daar stank wees, in plaas van 'n gordel 'n tou, in plaas van gekrulde hare 'n kaalkop, in plaas van 'n fyn kledingstuk 'n harige roukleed, in plaas van skoonheid die brandmerk van 'n slaaf.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In plaas van die geur van speserye sal daar stank wees, in plaas van 'n gordel 'n tou, in plaas van haarlokke 'n kaal kop, in plaas van deftige klere, 'n roukleed, in plaas van skoonheid 'n brandmerk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer die Here al die mooi goed weggevat het, dan sal die vroue nie meer lekker ruik nie, hulle sal stink. Hulle sal nie meer mooi gordels dra nie, hulle sal toue om hulle lyf dra. Hulle sal nie hulle hare kan vleg nie, want hulle sal kaalkop wees, hulle sal nie meer mooi klere dra nie, hulle sal rouklere dra. Hulle sal nie meer mooi wees nie, daar sal brandmerke op hulle lywe wees, want hulle sal slawe wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In plaas van die geur van parfuum sal hulle vreeslik stink. In die plek van hulle versierde gordels sal hulle toue om hulle middel dra. Hulle sal kaalkop rondloop in plaas van hulle goed versorgde hare. In plaas van deftige en fyn rokke sal hulle growwe klere van sak dra. In plaas van hulle skoonheid van vroeër sal hulle die brandmerk van slawe dra.