Isaiah 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal die HERE die dapperheid van hulle tintelende versierings om hulle voete wegneem, en hulle bande en hulle ronde bande soos die maan,
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag stroop die Here hulle swierigheid, die bande om hulle koppe, die hangertjies in die vorm van ’n halfmaan,
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal die HERE wegneem die sieraad van die voetringe en die sonnetjies en die maantjies;
Afrikaans 1983 Op dié dag sal die Here die versiersels wegneem: enkelringe, sonnetjies en maantjies,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal my Heer die versierings wegneem: die enkelringe, sonnetjies en halfmaantjies,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal Hy hulle mooi goed wegvat: die ringe om hulle enkels en die juwele wat lyk soos die son en die maan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op dié dag sal die Here al hulle versiersels waarop hulle so trots is, wegvat: enkelringe, kettinkies met sonnetjies en maantjies,