Isaiah 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat bedoel julle dat julle my volk stukkend slaan en die gesigte van die armes maal? spreek die HERE HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011 Hoe kon julle dit waag om my volk en die armes so in die stof in te trap?” vra die oppermagtige Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953 Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983 Wat besiel julle dat julle my volk vertrap en die hulpeloses verdruk? vra die Here my God, die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat gaan met julle aan? Julle vertrap my volk, julle vergruis die gesigte van magteloses.” Dit is die uitspraak van my Heer, die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hoekom doen julle slegte dinge aan my volk? Hoekom verdruk julle die mense wat hulleself nie kan help nie?” Dit is wat die Here sê, die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat het julle besiel om my volk so in die grond in te vertrap en die hulpeloses so uit te buit?” vra die Here my God, die Almagtige.