Isaiah 3:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE sal in die gereg gaan met die oudstes van sy volk en sy vorste, want julle het die wingerd opgeëet; die buit van die armes is in julle huise.
Afrikaans (NLV) 2011 Die leiers en regeerders gaan die eerste wees wat die Here se oordeel beleef. “Julle het die wingerd geruïneer. Israel is my wingerd. Julle het die armes besteel, hulle eiendom vir julle gevat.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, julle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.
Afrikaans 1983 Die Here begin die saak teen die leiers en die hoë amptenare van sy volk: Julle het die wingerde gestroop; wat van die hulpeloses geroof is, lê in julle huise.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here kom met 'n klag teen die oudstes van sy volk en teen hulle aanvoerders: “Julle het self die wingerd afgewei. Wat geroof is van die magtelose, is in julle huise.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here bring die leiers en die amptenare van sy volk na die poort en Hy sê: “Julle het my volk se druiwe gepluk en die goed gevat van die mense wat hulleself nie kan help nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers en die hoë amptenare kom eerste aan die beurt: “Julle het my volk soos ’n wingerd gestroop en nou sit julle met die arm mense se besittings in julle huise.