Isaiah 3:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat my volk betref, kinders is hulle onderdrukkers, en vroue heers oor hulle. O my volk, die wat jou lei, laat jou dwaal en die pad van jou paaie verwoes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kinders verdruk my volk en vroue heers oor hulle. My volk, julle leiers vat julle op die verkeerde pad, na julle vernietiging toe. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die drywers van my volk is kinders, en vroue heers oor hulle. o My volk, jou leiers is verleiers, en die weg wat jou pad moes wees, het hulle tot 'n dwaalweg gemaak. |
| Afrikaans 1983 | My volk het kinders as regeerders, vrouens as heersers. My volk, jou leiers verlei jou en bring jou van koers af. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My volk – sy verdrukkers is geweldenaars, skuldeisers heers oor hulle. My volk, jou leiers lei jou op 'n dwaalweg; oor die rigting van jou paaie is hulle in die war.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Kinders en vroue verdruk my volk en hulle regeer oor my volk. Die mense wat vir my volk die regte pad moet wys, laat hulle verdwaal.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Fortuinsoekers en afpersers buit my volk uit. My volk, jou leiers is besig om jou te mislei en jou van koers af te bring. |