Isaiah 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir die regverdige dat dit met hom goed sal gaan, want hulle sal die vrug van hulle handelinge eet.
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir die regverdige: “Dit sal goed gaan met jou. Julle sal kry wat julle verdien!”
Afrikaans 1933/1953 Sê van die regverdige dat dit met hom goed sal gaan; want die vrug van hul handelinge sal hulle eet.
Afrikaans 1983 Sê vir die regverdiges met húlle sal dit goed gaan; hulle sal die vrug van hulle dade geniet.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “ Sê vir die regverdiges dat dit goed sal gaan, want die vrug van hulle dade sal hulle geniet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En vir die mense wat reg doen, moet julle sê: “Dit sal baie goed gaan met julle, want julle het goed gedoen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê vir dié wat aan God gehoorsaam gebly het dat dit met hulle goed sal gaan. Daar wag ’n beloning vir hulle.