Isaiah 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, die HERE, die HERE van die leërskare, neem uit Jerusalem en Juda die stut en die staf weg, die hele stok van die brood en die hele stok van die water,
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Here, die Almagtige, sal die kos- en watervoorrade van Jerusalem en Juda afsny.
Afrikaans 1933/1953 Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,
Afrikaans 1983 Die Here die almagtige God gaan uit Jerusalem en Juda elke stut en steunpilaar verwyder: almal wat sorg vir brood en water,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, kyk, die Here, die Heer, Heerser oor alle magte, gaan uit Jerusalem en Juda elke stut en steun verwyder: alle steun op brood, en alle steun op water,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here regeer oor alles. Die Here sal die belangrike mense wegvat uit die stad Jerusalem en uit die land Juda, almal wat vir die mense in die stad en die land sorg. Die Here sal dit doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Luister nou mooi, die Here die Almagtige gaan alles en almal waarop die mense van Jerusalem en Juda gereken het van hulle af wegvat. Al hulle kos, water en ander noodsaaklike lewensmiddele.