Isaiah 29:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bly julleself en verwonder julle; roep en roep; hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie met sterk drank nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Is julle verbaas en verstom? Glo julle my nie? Gaan dan maar aan en sien niks. Julle is dronk, maar nie van wyn nie. Julle struikel, maar nie van bier nie!
Afrikaans 1933/1953 Vertoef, en verwonder julle! Wees blind en verblind! Hulle is dronk, maar nie van wyn nie; hulle waggel, maar nie van sterk drank nie.
Afrikaans 1983 Nou staan julle verdwaas en verstom; julle sien niks, julle oë is toe; julle is dronk maar nie van wyn nie, julle waggel sonder dat julle iets gedrink het,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees maar verslae, verstom! Hou julle blind, en wees verblind! Hulle het dronk geword, maar nie van wyn nie. Hulle het gesteier, maar nie van sterk drank nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Leiers van Jerusalem, julle weet nie wat om te sê nie, julle is stom. Julle weet nie wat julle sien nie, julle is blind. Julle het nie wyn of bier gedrink nie maar julle is dronk en julle loop val-val.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Is julle verdwaas en verstom, kan julle dit nie glo nie? Hou julle dan maar blind as dit moet. Julle sal dronk wees, maar nie omdat julle wyn gedrink het nie, en julle sal loop en slinger sonder dat julle naby sterk drank was.