Isaiah 29:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit sal wees soos wanneer 'n honger man droom en kyk, hy eet; maar hy word wakker, en sy siel is leeg, of soos wanneer 'n dorstige droom en kyk, hy drink; maar hy word wakker, en kyk, hy is moeg en sy siel het lus; so sal die menigte van al die nasies wees wat teen die berg Sion veg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Honger mense droom van kos, maar is steeds honger wanneer hulle wakker skrik. Mense wat dors is, droom van water, maar bly dors as hulle wakker word. Op dieselfde manier sal jou vyande droom dat hulle Jerusalem oorwin. Maar dit sal nie gebeur nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En soos 'n hongerige droom dat hy eet, maar hy word wakker en -- sy siel is leeg; en soos 'n dorstige droom dat hy drink, maar hy word wakker en -- hy is moeg en sy siel versmag: so sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen die berg Sion. |
| Afrikaans 1983 | dit sal met hulle gaan soos wanneer iemand wat honger is en droom hy eet, nog honger is as hy wakker word; soos wanneer iemand wat dors is en droom hy drink water, nog kragteloos is, nog versmag van dors as hy wakker word. So sal dit gaan met al dié nasies, dié hordes wat oorlog maak teen Sionsberg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit sal wees soos wanneer 'n honger mens droom: Kyk, hy is besig om te eet; maar as hy wakker word, is sy keel leeg. Dit sal wees soos wanneer 'n dors mens droom: Kyk, hy is besig om te drink; maar as hy wakker word, is hy uitgeput en sy keel is droog. So sal dit met die menigte van al die nasies wees, hulle wat veg teen die berg Sion.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar dit sal sleg gaan met hierdie baie volke wat die Sionsberg aanval. Dit sal met hulle gaan soos met 'n man wat honger en dors is: Hy droom dat hy eet, maar wanneer hy wakker word, dan is hy nog honger. Hy droom dat hy water drink, maar wanneer hy wakker word, dan is hy nog dors en swak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | As iemand honger is en hy droom hy eet, is hy nog steeds honger as hy wakker word. En as iemand wat dors is, droom hy drink water, is sy keel nog steeds kurkdroog as hy wakker word, sy dors is nie geles nie. Net so sal dit gaan met die gesamentlike magte van al die nasies wat teen Jerusalem veg. |