Isaiah 29:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die menigte van al die nasies wat teen Ariël veg, almal wat teen haar en haar wapenrusting veg en haar benoud maak, sal wees soos 'n droom van 'n naggesig.
Afrikaans (NLV) 2011 Al die nasies wat geveg het teen Jerusalem, sal soos ’n droom verdwyn! Die vyande wat haar mure aangeval het, sal verdwyn soos ’n visioen van die nag.
Afrikaans 1933/1953 En soos 'n droom, 'n naggesig, sal die menigte van al die nasies wees wat oorlog toe trek teen Ariël, ja, almal wat teen hom oorlog toe trek en teen sy bergvesting en hom benoud maak.
Afrikaans 1983 Dit sal met al dié nasies gaan soos in 'n slegte droom, dié hordes wat teen Ariël oorlog maak, almal wat hom en sy vestings aanval en hom beleër:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal wees soos in 'n droom, soos in 'n naggesig – die menigte van al die nasies wat teen Ariël veg, almal wat haar en haar versterkte vestings beveg, hulle wat haar in die noute bring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense in die stad sal dink hulle droom wanneer die baie volke Jerusalem aanval, wanneer hulle van al die kante die sterk mure van die stad aanval.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal al die nasies wat teen Jerusalem geveg en hulle laat ly het, verdwyn asof dit alles net ’n nare nagmerrie was, ’n droom wat jy kan vergeet.